Isaiah 51:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My geregtigheid is naby; my heil het uitgegaan, en my arms sal die volk oordeel; die eilande sal op My wag, en op my arm sal hulle vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 My redding kom gou, my verlossing is op pad. Die eilande wag op My. Hulle hoop op my redding.
Afrikaans 1933/1953 My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.
Afrikaans 1983 Die redding wat Ek bring, kom baie gou, die verlossing wat Ek bewerk, is op pad, Ek self regeer oor die nasies. Die eilande wag op My, hulle wag dat Ek My laat geld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) bring Ek my geregtigheid nader. My verlossing is op pad; my arms sal reg verskaf aan die volke. Op My wag die eilande, op my arm is hulle hoop gevestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is nou die tyd wanneer Ek wil doen wat reg is, Ek wil julle nou red. Ek regeer oor al die volke. Die mense in die lande langs die see wag ook dat Ek oor hulle moet regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Binnekort sal Ek hulle verlos. Ek is Koning oor die nasies. Die lande oorsee wag vir My. Hulle is gretig dat Ek oor hulle sal regeer.