Isaiah 51:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Luister na my, my volk; en luister na my, o my nasie, want 'n wet sal van my uitgaan, en ek sal my reg laat rus as 'n lig vir die volk.
Afrikaans (NLV) 2011 “Luister na My, my volk. Hoor mooi, Israel, want my onderrig sal van My af uitgaan, my reg sal ’n lig wees vir die volke.
Afrikaans 1933/1953 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want 'n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as 'n lig van die volke.
Afrikaans 1983 Luister na My, my volk, my volk, gee aandag aan wat Ek sê: My onderrig sal uitgaan na die volke toe, my wil sal vir die nasies die koers aanwys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Luister mooi na My, my volk, my nasie, hoor My aan! Want onderrig sal van My uitgaan, en my beslissing sal 'n lig vir die volke wees. Binnekort
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “My volk, julle moet luister na My. Al die mense wat aan My behoort, julle moet hoor wat Ek sê. Ek wil vir julle leer wat julle moet doen en Ek wil hê al die volke moet weet dat Ek reg besluit. Dit moet vir hulle die lig wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My volk, julle moet na My luister. Luister mooi wat Ek vir julle sê: Ek sal die nasies leer hoe hulle moet lewe. Ek sal vir hulle met my reëls die koers aanwys.