Isaiah 51:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sal dit gee in die hand van die wat jou verdruk; wat vir jou siel gesê het: Buig neer, dat ons kan oortrek; en jy het jou liggaam neergelê soos die grond en soos die straat vir die wat oorgegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sit daardie beker in jou verdrukkers se hand, hulle wat vir jou gesê het: ‘Gaan lê op die grond sodat ons oor jou kan loop!’ En jy het jou rug gemaak soos die grond, soos ’n straat vir hulle wat oor jou geloop het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos 'n straat vir die wat daaroor gaan. |
| Afrikaans 1983 | Inteendeel, Ek sit dit in die hand van jou verdrukkers, hulle wat vir jou gesê het: “Gaan lê dat ons oor jou kan loop.” Jy moes jou rug soos die grond maak, soos 'n straat vir dié wat oor jou geloop het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal dit plaas in die hand van hulle wat jou geteister het, hulle wat oor jou lewe gesê het, ‘Lê plat, sodat ons oor jou kan loop!’ Jy het jou rug gehou asof dit grond is, asof dit 'n straat is vir hulle wat verbygaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek gee die beker vir die mense wat jou laat swaarkry het, die mense wat vir jou gesê het: ‘Gaan lê, ons wil oor jou loop.’ Jy moes word soos die grond, soos die strate waar die mense loop.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan daardie beker gee vir hulle wat julle verdruk het. Hulle sal dit drink. Hulle het vir julle gesê: “Gaan lê op die grond dat ons oor julle kan loop.” Jy moes op die grond gaan lê dat hulle op jou kon trap en bo-oor jou kon loop asof jy ’n pad is. |