Isaiah 51:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê jou HERE die HERE en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek het die beker van bewing uit jou hand geneem, die slyk van die beker van my grimmigheid; jy mag dit nie meer drink nie.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê jou oppermagtige Here, jou God en jou Beskermer: “Kyk, Ek vat uit jou hand die beker wat jou laat steier. Uit die beker van my woede hoef jy nooit weer te drink nie.
Afrikaans 1933/1953 So sê jou Here, die HERE, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.
Afrikaans 1983 So sê die Here, jou Here en jou God wat die saak van sy volk behartig: Ek gaan die beker wat jou laat steier het, uit jou hand wegvat, die beker van my toorn. Jy hoef nie verder daaruit te drink nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê jou Heer, die Here, jou God, wat sy volk se saak behartig: “Kyk, Ek het die beker wat 'n mens laat steier uit jou hand geneem, die beker van my woede. Jy sal dit nie nog 'n keer hoef te drink nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou Here, jou God die Here, praat. Hy sal sy volk help. Hy sê: Kyk, Ek neem die beker uit jou hand, die beker wat jou dronk gemaak het omdat Ek kwaad was vir jou. Jy moenie dit drink nie, jy mag dit los.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here jou God sal sy volk se lot verander. Hy sê: Ek gaan die beker wat jou so laat steier het, by jou wegvat. Jy hoef nie langer die beker van my woede te drink nie.