Isaiah 51:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U seuns is beswyk, hulle lê aan die hoof van al die strate, soos 'n wilde bul in 'n net; hulle is vol van die grimmigheid van die HERE, die bestraffing van u God.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou kinders het flou geword. Hulle lê in die strate, hulpeloos soos wild wat in ’n vangnet gevang is. Die Here het sy wraak oor hulle uitgestort. God het hulle gestraf.
Afrikaans 1933/1953 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos 'n eland in 'n vangkuil, vol van die grimmigheid van die HERE, van die dreiging van jou God.
Afrikaans 1983 Soos wild wat in 'n vangnet gevang is, lê jou seuns magteloos op die hoeke van die strate, voluit getref deur die toorn van die Here, deur die straf van jou God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou kinders – hulle is in 'n beswyming, hulle lê op die hoek van elke straat, soos 'n gemsbok in 'n vangnet. Hulle het oorgenoeg gehad van die Here se woede, van die dreiging van jou God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou seuns het flou geval. Hulle het gelê waar die strate teen die stad se mure kom, soos wildsbokke wat in 'n vangnet gevang is. Dit het gebeur omdat die Here kwaad was, omdat jou God jou wou laat swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou seuns lê magteloos op die hoeke van die strate. Hulle is soos wilde diere wat in ’n strik gevang is. Die Here het hulle met sy woede getref. Hy het hulle gestraf.