Isaiah 51:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk na jou vader Abraham en na Sara wat jou gebaar het, want ek het hom alleen geroep en hom geseën en hom vermeerder.
Afrikaans (NLV) 2011 Dink terug aan Abraham en Sara, van wie julle afstam. Abraham was alleen toe Ek hom geroep het. Maar Ek het hom geseën, en hy het ’n groot nasie geword.”
Afrikaans 1933/1953 Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseënen hom vermenigvuldig.
Afrikaans 1983 Dink aan Abraham, julle voorvader, aan Sara wat vir julle in die wêreld gebring het. Ek het Abraham geroep toe hy kinderloos was en Ek het hom geseën en hom 'n groot nageslag gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk na Abraham, julle vader, en na Sara, wat julle met pyn in die wêreld gebring het. Ja, as een persoon het Ek hom geroep, maar Ek het hom geseën en hom talryk gemaak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet dink aan julle voorvader Abraham en aan Sara, julle is uit haar gebore. Abraham was alleen toe Ek hom geroep het, en Ek het hom geseën, Ek het vir hom 'n groot nageslag gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink aan julle stamvader Abraham. Roep Sara, julle stammoeder, in herinnering. Ek het Abraham geroep toe hy nog nie kinders gehad het nie. Ek het hom voorspoedig gemaak. Hy het ’n groot nageslag gekry.