Isaiah 51:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is niemand om haar te lei onder al die seuns wat sy gebaar het nie; en daar is niemand wat haar aan die hand neem van al die seuns wat sy grootgemaak het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nie een van jou kinders was daar om jou te lei nie. Daar was nie een van jou kinders wat jou hand gevat het om te sê wat jy moet doen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie. |
| Afrikaans 1983 | Onder al die seuns wat jy in die wêreld gebring het, was daar nie een wat jou gelei het nie, onder almal wat jy grootgemaak het, was daar nie een wat jou aan die hand gevat het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is niemand wat haar lei nie, nie een van al die kinders waaraan sy geboorte gegee het nie. Daar is niemand wat haar hand vashou nie, nie een van al die kinders wat sy grootgemaak het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Jerusalem, jy was soos 'n vrou wat baie kinders gekry het, maar nie een kind het later haar hand geneem en haar gelei nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van almal wat jy in die wêreld gebring het, is daar nie ’n enkele een wat vir jou die pad kan wys nie. Van almal wat jy grootgemaak het, is daar nie een wat jou kan ondersteun nie. |