Isaiah 51:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het my woorde in jou mond gelê, en Ek het jou bedek in die skaduwee van my hand, dat Ek die hemele kan plant en die fondamente van die aarde kan lê en vir Sion kan sê: Jy is my volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het my woorde in jou mond gesit. Ek het jou beskerm met die skadu van my hand. Dis Ek wat die sterre op hulle plek sit, en die aarde gevestig het. Dis Ek wat vir Sion sê: ‘Jy is Myne!’”
Afrikaans 1933/1953 En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!
Afrikaans 1983 Ek het vir jou gesê wat jy moet sê, en jou beskerm in die skaduwee van my hand, want Ek het die hemel oopgespan en die aarde se fondamente gelê en vir Sion gesê: Jy is my volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek gee my woorde in jou mond; met die skadu van my hand bedek Ek jou, om so die hemel oop te span en die aarde te grondves, en om vir Sion te sê, ‘Jy is my volk.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het my woorde in jou mond gesit en Ek het jou toegemaak in die skaduwee van my hand. Ek het die hemeldak gemaak en Ek het die aarde op sy plek gesit. Ek het vir die mense van Sion gesê: Julle is my volk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het die lug oor die aarde gespan. Ek het die aarde stewig op sy plek neergesit. Ek het vir Jerusalem se inwoners gesê: “Julle is my volk.” Ek sê vir jou wat jy moet sê. Ek beskerm jou.