Isaiah 51:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek is die HERE jou God wat die see gekloof het, wie se golwe gedreun het: HERE van die leërskare is sy Naam.
Afrikaans (NLV) 2011 Want Ek is die Here jou God wat die see onstuimig maak sodat sy golwe dreun. Die Here, die Almagtige, is my Naam!
Afrikaans 1933/1953 Maar Ek is die HERE jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; HERE van die leërskare is sy Naam!
Afrikaans 1983 Ek is die Here jou God, Ek laat die see onstuimig word, Ek laat sy golwe druis. Sy Naam is die Here die Almagtige!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Ek is die Here jou God, wat die see in beweging bring, sodat sy golwe dreun.” Die Here, Heerser oor alle magte is sy Naam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is julle God die Here wat die water in die see roer sodat die branders wild word. My Naam is die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is die Here jou God. Ek laat storms op die see kom. Ek laat die branders bruis. My Naam is Here van die hemelse leërmag.