Isaiah 51:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die gevangene haas hom om losgelaat te word en nie in die kuil te sterwe nie en ook nie dat sy brood ophou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van die dae word al jou gevangenes vrygelaat! Hulle sal nie doodgaan in die tronk nie en hulle sal ook nie honger ly nie.
Afrikaans 1933/1953 Die in boeie gekromde word gou losgelaat en sal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie.
Afrikaans 1983 Binnekort sal dié wat nog gevange gehou word, vrygelaat word, die ballingskap sal nie hulle graf word nie, en hulle sal nie honger ly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie in boeie vooroor geboë sit, sal binnekort losgelaat word; hy sal nie sterf nie, nie na die grafkuil gaan nie; aan brood sal dit hom nie ontbreek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand 'n gevangene is, dan is hy haastig om vry te word. Hy wil nie sterf en afgaan na die doderyk nie, hy wil nie altyd honger wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Binnekort sal almal wat in tronke aangehou word, weer vrygelaat word. Hulle sal nie in die tronk doodgaan nie. Hulle sal nie langer honger ly nie.