Isaiah 51:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vergeet die HERE, jou Skepper, wat die hemel uitgespan en die aarde gegrondves het; en het jy gedurigdeur elke dag gevrees vanweë die grimmigheid van die verdrukker, asof hy gereed was om te vernietig? en waar is die grimmigheid van die verdrukker? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het vergeet van die Here, julle Skepper wat die hemel oopgespan het, wat die fondamente van die aarde gelê het. Jy was altyd vol vrees vir die woede van jou verdrukkers wat uit is daarop om jou te vernietig. Maar waar is die toorn van jou verdrukker nou? |
| Afrikaans 1933/1953 | dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker? |
| Afrikaans 1983 | Jy vergeet die Here wat jou gemaak het, wat die hemel oopgespan het, wat die aarde se fondamente gelê het. Jy was altyddeur bang vir die woede van die verdrukker, vir hom wat daarop uit was om jou te vernietig, maar waar is die woede van jou verdrukker nou? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dat jy die Here wat jou gemaak het, vergeet – Hy wat die hemel oopgespan en die aarde gegrondves het – dat jy voortdurend, daglank, bewe vir die woede van die verdrukker wanneer hy daarop uit is om te verwoes? Waar is die woede van die verdrukker? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het My vergeet, Ek is die Here wat julle gemaak het. Ek het die hemeldak gemaak en Ek het die aarde op sy plek gesit. Nou hou julle aan om te bewe vir die mense wat kwaad is vir julle, die mense wat vir julle verdruk en wat vir julle wil doodmaak. Maar waar is daardie mense nou, die mense wat kwaad was en wat vir julle verdruk het? Hulle verdruk julle nie meer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy vergeet dat die Here jou gemaak het. Hy het die lug daar bo oopgespan. Hy het die grond hier onder vasgemaak. Nogtans is jy die hele dag lank bang vir jou onderdrukker wat so wreed is om alles te verwoes. Hy kan jou niks meer maak nie. |