Isaiah 51:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek is dit wat julle troos: wie is jy, dat jy bang sou wees vir 'n man wat sal sterwe en vir die mensekind wat soos gras gemaak word;
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek, ja, Ek is die Een wat julle troos. Hoekom is julle dan bang vir gewone mense, vir mense wat soos gras vergaan en verdwyn?
Afrikaans 1933/1953 Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? --
Afrikaans 1983 Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle. Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens, vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek, ja, Ek is die Een wat julle troos. Wie is jy dan dat jy bang is vir gewone mense wat sal sterf, vir mensekinders wat bestem is om soos gras te sterf,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Dit is Ek wat dit weer goed sal laat gaan met julle. Hoekom is julle bang vir mense wat kan sterf? Hoekom is julle bang vir mense wat soos gras is en gou doodgaan?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek self praat jou moed in. Hoekom is jy dan bang vir ’n mens wat ook maar kan doodgaan? ’n Mens is mos maar soos gras wat ook kan verbygaan.