Isaiah 51:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal die verlostes van die HERE terugkeer en na Sion kom met gejubel; en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; blydskap en blydskap sal hulle verkry; en droefheid en rou sal wegvlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal vir wie die Here losgekoop het, sal met vreugde terugkeer na Sion. Blydskap sal die kroon op hulle koppe wees. Hulle sal vol vreugde en blydskap wees. Hartseer en smart sal verdwyn.
Afrikaans 1933/1953 So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.
Afrikaans 1983 Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees, ellende en smart sal verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie deur die Here vrygekoop is, sal terugkeer, hulle sal in Sion aankom met jubelkrete; met ewige vreugde sal hulle gekroon wees. Blydskap en vreugde sal hulle oorweldig; verdriet en gesug sal wegvlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So sal die Israeliete nou terugkom wanneer U hulle vrymaak. Hulle sal juig en aanhou om bly te wees wanneer hulle in Sion kom. Hulle sal vrolik wees en lag, hulle sal nie meer bekommerd wees en nie meer sug nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié wat die Here vrygemaak het, sal weer terugkom na Jerusalem. Hulle sal baie bly wees as hulle in Sion aankom. Die gesigte sal straal van vreugde. Hulle sal vol blydskap wees. Hulle hartseer en swaarkry sal verby wees.