Isaiah 51:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is dit nie U wat die see laat droogmaak het nie, die waters van die groot dieptes; wat die dieptes van die see 'n weg gemaak het vir die losgekooptes om deur te trek? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is U nie die Een wat die see, die diepwaters, laat opdroog het, wat ’n pad gemaak het op die bodem van die see sodat dié wat verlos is, kon deurtrek nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see 'n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie? |
| Afrikaans 1983 | Is dit nie U wat die see, die groot diep waters laat opdroog het nie, U wat op die seebodem 'n pad gemaak het sodat dié wat verlos is, kon deurgaan nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is dit nie U wat die see drooggelê het, die water van die groot oervloed, wat in die dieptes van die see 'n pad gemaak het, sodat dié wat losgekoop is, kon deurtrek nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is U wat die see droog gemaak het, die water van die groot see. Dit is U wat deur die diep see 'n pad gemaak het sodat die Israeliete daar kon deurgaan toe U hulle vrygemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was U wat die water laat wegdroog het. U het onder op die bodem van die see ’n pad gemaak sodat dié wat U bevry het, deur die see kon gaan. |