Isaiah 51:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister na my, julle wat die geregtigheid najaag, julle wat die HERE soek; kyk na die rots waaruit julle gekap is en na die put van die kuil waaruit julle gegrawe is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister baie mooi na My, almal wat die reg nastreef en na die wil van die Here vra! Dink aan die rots waaruit julle gekap is, die klipgroef waaruit julle gesny is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is. |
| Afrikaans 1983 | Luister na My, julle wat wil reg doen, julle wat na die wil van die Here vra: Dink aan die rots waaruit julle gekap is, aan die klipgroef waaruit julle gegrawe is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Luister na My, julle wat geregtigheid nastreef, julle wat die Here soek! Kyk na die rots waaruit julle gekap is, na die steengroef waaruit julle gegrawe is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Julle wat wil reg doen, julle moet luister na My. Julle wat My wil dien, julle moet onthou van waar julle kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wat probeer om reg te doen moet na My luister. Julle wat na die wil van die Here soek, moet luister. Onthou uit watter soort rots julle gekap is. Onthou uit watter steengroef julle kom. |