Isaiah 50:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het my rug vir die slaan gegee, en my wange vir die wat die hare afruk; ek het my aangesig nie verberg vir skaamte en spoeg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het my rug gehou sodat hulle my kon slaan, my wang sodat hulle my baard kon uittrek. Ek het nie my gesig weggedraai toe hulle my gespot en in die gesig gespoeg het nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.
Afrikaans 1983 Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan, my wang vir dié wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My rug het ek gehou vir hulle wat slaan, en my wange vir hulle wat baard uitpluk. My gesig het Ek nie verberg vir beledigings en spuug nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het my op my rug geslaan en hulle het my baard uitgetrek, maar ek het stil gestaan. Hulle het probeer om my te verneder en hulle het in my gesig gespoeg, maar ek het nie my gesig weggedraai nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het my rug gehou dat hulle my maar kan slaan. Ek het my gesig gehou dat hulle maar my baard kan probeer uitpluk. Ek het nie my hande voor my gesig gehou toe hulle my in die gesig gespoeg het om my te beledig nie.