Isaiah 50:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE HERE het My die tong van die geleerde gegee, dat Ek kan weet om 'n woord op die regte tyd te spreek tot die vermoeide; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oppermagtige Here het my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer my luister soos dit ’n leerling betaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Here HERE het My 'n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge. |
| Afrikaans 1983 | Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos 'n leerling moet luister. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is my Heer, die Here, wat aan my 'n vaardige tong gegee het, sodat ek kan weet hoe om vermoeides met 'n boodskap op te beur. Elke oggend maak Hy my wakker; Hy wek my oor om soos 'n leerling te luister. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dienaar van die Here sê: “Die Here het vir my geleer om goed te praat. Ek weet wat om te sê sodat mense wat moeg is, weer sterk kan voel. Die Here laat my elke oggend wakker word en Hy maak my ore oop sodat ek goed kan luister. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir my die vermoë gegee om mense wat neerslagtig is, weer moed in te praat. Elke oggend spits ek my ore om verder by die Here te leer. |