Isaiah 50:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom, toe ek gekom het, was daar niemand nie? toe ek bel, was daar niemand om te antwoord nie? Is my hand enigsins verkort, dat dit nie kan loskoop nie? of het ek geen krag om te red nie? Kyk, deur my teregwysing laat Ek die see droog maak, die riviere 'n woestyn maak; hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterf van dors.
Afrikaans (NLV) 2011 Waarom was daar niemand toe Ek gekom het nie? Hoekom was daar nie antwoord toe Ek geroep het nie? Is my arm te kort om te red? Is Ek te swak om jou te red? Ek dreig die see, en dit droog op. Ek verander riviere in woestyne sodat al die visse vrek omdat die water opgedroog het.
Afrikaans 1933/1953 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot 'n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
Afrikaans 1983 Waarom was daar niemand toe Ek gekom het nie? Waarom het niemand geantwoord toe Ek geroep het nie? Is Ek nie in staat om te verlos nie, het Ek nie die krag om te red nie? Wanneer Ek die see aanspreek, droog hy op. Ek laat riviere opdroog: die visse stink, daar is nie water nie, hulle vrek sonder water.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom het Ek gekom, en daar was niemand nie, het Ek geroep, en niemand het geantwoord nie? Was my hand werklik te kort om te red? Of was daar geen krag in My om uit te red nie? Kyk, deur my dreigende woord laat Ek die see opdroog – Ek maak van riviere 'n woestyn. Die visse daarvan stink weens 'n gebrek aan water – hulle sterf van dors.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het na julle toe gekom om julle te help. Hoekom was daar niemand nie? Ek het julle geroep. Hoekom het niemand geantwoord nie? Dink julle Ek kan julle nie vrymaak nie? Dink julle Ek is nie sterk genoeg om julle te red nie? Julle moet dit weet: Wanneer Ek kwaai praat, dan word die see droog, en die riviere word 'n woestyn. En dan het die visse nie water nie, hulle vrek en stink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoekom was daar niemand om My te ontmoet toe Ek na julle toe gekom het nie? Ek het na julle geroep, maar niemand het My geantwoord nie. Is Ek dan nie sterk genoeg om julle te bevry nie? Het Ek nie genoeg krag om julle te red nie? As Ek met die see raas, droog dit net daar op. Ek kan van ’n rivier ’n droë sandbedding maak. Die visse vrek sonder water en lê en stink.