Isaiah 50:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, julle almal wat 'n vuur aansteek, wat julle met vonke omring: wandel in die lig van julle vuur en in die vonke wat julle aangesteek het. Dit moet julle uit my hand hê; julle sal in droefheid gaan lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar julle wat vure aansteek, wat brandende fakkels gereed kry, in julle eie vuur sal julle brand. Julle eie fakkels sal julle doodbrand. Dit is wat julle uit my hand sal ontvang. In smart sal julle gaan lê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, julle almal wat 'n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord -- wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het! Van my hand het dit julle oorgekom; in smart sal julle neerlê. |
| Afrikaans 1983 | Maar julle wat vure aansteek, wat brandpyle gereed maak, julle sal in julle eie vuur brand, deur julle eie brandpyle sal julle doodbrand. Dit is my mag wat dit oor julle bring, julle sal beland in die plek waar die pyn nooit ophou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, julle almal wat vure aansteek, wat julle met brandpyle bewapen, loop dan in die gloed van julle vuur, ja, tussen die brandpyle wat julle aangesteek het! Deur my hand het dit met julle gebeur; in 'n plek van pyniging sal julle lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle wat vure aansteek om my te brand, julle wat my skiet met brandpyle, julle sal self brand in die vuur wat julle aansteek. Die brandpyle sal in julle steek. Die Here sal dit doen. Julle sal op die grond lê en rol, want julle sal baie pyn hê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen van julle wat net op homself staatmaak en by sy eie vuur wil staan, sal daarvan brand. Ek sal julle pyn laat voel wat nooit ophou nie. |