Isaiah 50:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is onder julle wat die HERE vrees, wat luister na die stem van sy kneg, wat in duisternis wandel en geen lig het nie? laat hy op die Naam van die HERE vertrou en op sy God bly.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie van julle dien die Here en doen wat sy dienaar sê? Hy wat sonder enige lig in die donker loop, moet vertrou op die Naam van die Here, en staatmaak op sy God!
Afrikaans 1933/1953 Wie is daar onder julle wat die HERE vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? -- laat hy vertrou op die Naam van die HERE en steun op sy God!
Afrikaans 1983 Wie van julle dien die Here en luister na sy dienaar? Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is daar onder julle wat ontsag het vir die Here, wat luister na die stem van sy dienskneg? Hy wat in duisternis verkeer, wat geen lig het nie, moet op die Naam van die Here vertrou, moet op sy God steun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daar is ook mense wat die Here dien en wat luister na my, sy dienaar. Dit gaan sleg met my, dit is donker rondom my, maar daardie mense moet glo in die Here, hulle moet weet dat Hy sal help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié wat respek het vir die Here, luister wat sy dienaar sê. Dié wat in onsekerheid is en geen duidelikheid het oor sy lewe nie, moet op die Here vertrou. Hy moet op God staatmaak.