Isaiah 50:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Waar is die skeibrief van jou moeder, wat Ek verstoot het? of aan wie van my skuldeisers is dit aan wie ek jou verkoop het? Kyk, oor julle ongeregtighede het julle julself verkoop, en oor julle oortredinge is julle moeder verstoot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here vra: “Waar is die skeibrief waarmee Ek jou moeder weggestuur het? Of aan wie van my skuldeisers het Ek jou verkoop? Nee, julle het julleself verkoop met julle oortredings en dis oor julle sondes dat Ek julle moeder weggestuur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Waar is die skeibrief wat Ek vir jou moeder gegee het toe Ek van haar geskei het? Of aan wie het Ek geld geskuld dat Ek julle daarvoor aan hom gegee het? Nee, dit is oor julle sondes dat julle verkoop is, oor julle oortredings dat Ek van julle geskei het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “Waar is julle moeder se skeibrief dan nou waarmee Ek haar weggestuur het? Of wie van my skuldeisers is daar aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, oor julle sondeskuld is julle verkoop, en oor julle oortredings is julle moeder weggestuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Julle dink Ek het julle weggejaag soos wanneer 'n man skei van sy vrou. Ek het julle nie weggejaag nie. Julle dink Ek het julle verkoop, soos wanneer 'n man geld skuld en sy kinders moet verkoop. Ek het julle nie verkoop nie. Julle het julleself verkoop toe julle baie sondes gedoen het, julle was opstandig teen My, julle het self weggeloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here vra: Het julle ma ’n skeibrief wat kan bewys dat dit Ek is wat haar weggestuur het? Het Ek iemand geld geskuld dat Ek julle aan hom moes verkoop om die skuld te betaal? Dit is oor julle eie oortredings dat julle aan ’n ander uitverkoop is. Dit is oor julle sondes dat julle ma weggestuur is. |