Isaiah 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In my ore het die HERE van die leërskare gesê: Voorwaar, baie huise sal woes wees, groot en mooi, sonder inwoner. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here, die Almagtige, verklaar waar ek dit gehoor het: “Baie mooi huise sal leeg staan, sonder enige inwoners. |
| Afrikaans 1933/1953 | In my ore het die HERE van die leërskare gespreek: Waarlik, baie huise sal 'n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner. |
| Afrikaans 1983 | Ek het die Here die Almagtige 'n eed hoor neem: Die baie huise, so groot en mooi, sal murasies word, sonder bewoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met my eie ore het ek die Here, Heerser oor alle magte, hoor sweer: “Baie huise sal 'n skrikbeeld word – die grotes en mooies is sonder inwoner. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, het vir my gesê: “Die vyande sal die baie huise verwoes, dit is seker. Daar sal niemand woon in die groot, mooi huise nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die Here die Almagtige hoor waarsku: Baie van hierdie pragtige, groot huise sal leeg en vervalle bly staan omdat hulle eienaars dood en weg is. |