Isaiah 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee hulle wat huis aan huis verbind, wat veld aan akker lê, totdat daar geen plek is nie, sodat hulle alleen in die middel van die aarde geplaas kan word!
Afrikaans (NLV) 2011 Verwoesting wag as julle aanhou om eiendom op te koop sodat geen plek oorbly en julle alleen in die land bly.
Afrikaans 1933/1953 Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir julle wat huis na huis inpalm, die een plaas na die ander in die hande kry, totdat daar geen plek vir ander oorbly nie en net julle grondeienaars in die land is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee hulle wat huis by huis voeg, wat ploegland by ploegland voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen in die land woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met julle. Julle hou aan om ander mense se grond te vat, en hulle het nie nou plek om te woon nie. Net julle het plek in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal maar sleg gaan met die mense wat huis na huis opkoop sodat daar nie plek oorbly vir ander mense om in te bly nie. Julle palm al die plase in en bou vir julle huise daarop sodat julle die alleeneienaars van al die grond kan wees.