Isaiah 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel en die manne van Juda sy lieflike plant; vir geregtigheid, maar kyk, 'n geroep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wingerd van die Here, die Almagtige, is die volk Israel. En Juda is sy mooi tuin. Hy het ’n oes van geregtigheid verwag, maar net bloedvergieting gekry; gesoek na regverdigheid, maar net die hulpgeroep van verdrukte mense gehoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu! |
| Afrikaans 1983 | Die wingerd van die Here die Almagtige, die wingerd wat Hy geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig, is die Israeliete, die volk van Juda. Die Here het verwag dat daar reg sou wees, maar daar was net onreg, dat daar geregtigheid sou wees, maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die wingerd van die Here, Heerser oor alle magte, is die huis van Israel; en die manne van Juda is die plante waarin Hy Hom verlustig. Hy het gewag op reg, maar kyk, daar was regskending, op geregtigheid, maar kyk, daar was hulpgeroep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie is die wingerd van die Here, die Here wat oor alles regeer? Dit is die Israeliete, die mense van Juda. Hulle is die Here se tuin. Die Here wou bly wees oor hulle, en Hy het gewag dat hulle reg moet doen aan ander mense, maar hulle het dit nie gedoen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Israel is die Here die Almagtige se wingerd. Die mense van Juda is die wingerdstokke van wie Hy so baie verwag het. Hy het reg en geregtigheid verwag, maar onreg gekry. In plaas van eerlikheid moes Hy hoor hoe die verontregtes hulle lot by Hom bekla. |