Isaiah 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal dit verwoes: dit sal nie gesnoei of gegrawe word nie; maar distels en dorings sal opkom. Ek sal ook die wolke gebied dat hulle geen reën daarop laat reën nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak dit ’n woestyn. Die wynstokke snoei Ek nie meer nie en die grond skoffel Ek nie meer om nie. Dorings en onkruid sal dit toegroei. Ek beveel die wolke om nie daaroor te reën nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal dit 'n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.
Afrikaans 1983 Ek gaan hom tot niet maak. Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie, maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid. Ek sal die wolke verbied om daarop te reën.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal dit 'n verwoeste plek maak; dit sal nie gesnoei en nie geskoffel word nie. Doringstruike en onkruid sal opskiet, en aan die wolke sal Ek opdrag gee om nie 'n druppel daarop te laat reën nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die wingerd los. Ek sal nie die takke afknip en die bossies uithaal nie. Dorings en bossies sal in die wingerd groei, en Ek sal sê die wolke moenie op die wingerd reën nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan hierdie wingerd aan homself oorlaat om toe te groei. Ek gaan dit nie meer snoei of skoffel nie. Doringbosse en onkruid sal dit inneem en Ek sal sorg dat dit nie daar reën nie.