Isaiah 5:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié dag sal hulle teen hulle brul soos die gedruis van die see; en as iemand na die land kyk, kyk, daar is duisternis en droefheid, en die lig word verduister in sy hemele.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vyandige nasies sal grom soos die see oor hulle slagoffers. ’n Wolk van donkerte en hartseer sal oor Israel hang. Die lig sal verduister voor die wolke.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag sal dit oor hulle dreun soos die gedreun van die see. As iemand die aarde aanskou, kyk, daar is angsvolle duisternis; en die lig is verduister deur die wolke.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die vyand aangestorm kom met 'n gedreun soos dié van die see. As 'n mens na die land kyk, sal daar benouende duisternis wees, die lig sal verdwyn voor die donker wolke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal hy oor sy prooi grom soos 'n bulderende see. Iemand sal na die land staar, en kyk, daar is 'n beklemmende donkerte; die lig is verduister vanweë die wolke oor die land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die vyande daardie dag kom, dan sal dit hard raas soos die see. Die land Israel sal donker wees. Die mense sal swaarkry. Donker wolke sal kom, en dit sal donker word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie dag sal die vyand se voeteval soos die dreuning van die see klink wanneer hulle op Israel afgestorm kom. As ’n mens oor die land uitkyk, sal daar net donker en ellende wees soos wanneer donker wolke die son se lig wegkeer.