Isaiah 5:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie se pyle skerp is en al hulle boë gebuig, hulle perde se hoewe sal getel word soos vuursteen en hulle wiele soos 'n warrelwind;
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle pyle sal skerp wees en hulle boë reg vir die geveg. Vonke spat van hulle perde se hoewe soos die wiele van hulle waens en soos die wind in alle rigtings draai.
Afrikaans 1933/1953 wie se pyle skerp is en al hulle boë gespan; die pote van hulle perde is soos 'n klipsteen en hulle wiele soos 'n stormwind.
Afrikaans 1983 Hulle pyle is skerp, al hulle boë gespan, hulle perde se pote is hard soos klip. Die wiele van hulle strydwaens draai soos warrelwinde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy pyle is skerpgemaak, en al sy boë is gespan; die hoewe van sy perde is so hard soos vuurklip, en sy strydwawiele kom aan soos 'n stormwind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle pyle is skerp, hulle maak gereed om met pyl en boog te skiet. Hulle perde se pote is so hard soos klip, die wiele van hulle oorlogkarre draai soos warrel-winde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle pyle is vlymskerp en hulle boë is reeds gespan, reg om te skiet. Die vonke spat onder hulle perde se hoewe uit. Die wiele van hulle strydwaens draai soos ’n warrelwind.