Isaiah 5:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Niemand sal onder hulle moeg word of struikel nie; niemand sal sluimer of slaap nie; en die gordel van hulle heupe mag nie losgemaak word en die grendel van hulle skoene nie verbreek word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal nie moeg word of struikel nie. Hulle hardloop sonder om te rus of te slaap. Nie ’n gordel sal loshang of ’n skoenriem stukkend wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Geen vermoeide en geen struikelende is onder hulle nie; hulle sluimer of slaap nie, en die gord van hulle heupe word nie losgemaak nie, en die riem van hulle skoene breek nie; |
| Afrikaans 1983 | Niemand is moeg nie, nie een struikel nie, nie een is traag of aan die slaap nie. Geen gordel hang los nie, geen skoenriem is stukkend nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By hom is niemand uitgeput nie, en niemand struikel nie. Hy sluimer nie in en slaap nie; die skorte om sy heupe is nie losgemaak nie, en sy sandaalriempies nie losgeskeur nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand is moeg nie, nie een van hulle val nie, nie een loop en slaap nie, nie een maak sy belt los nie, nie een se skoenveter breek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nie een van hulle word moeg of struikel nie. Hulle kom sonder rus of slaap. Ten spyte daarvan gaan nie een van hulle se belt eers los of breek iemand se sandaal nie. |