Isaiah 5:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sal vir die nasies van ver 'n banier ophef en vir hulle fluit van die einde van die aarde af; en kyk, hulle sal vinnig kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal ’n teken gee vir nasies wat ver weg is. Hy sal fluit vir hulle by die eindes van die aarde, en hulle sal aangehardloop kom.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sal 'n banier ophef vir die nasies in die verte, en Hy fluit vir die volk daar aan die einde van die aarde; en kyk, gou, haastig kom hulle.
Afrikaans 1983 Uit die verte versamel Hy 'n nasie onder sy vaandel, Hy roep hulle na Hom toe uit 'n ver land. Hulle kom gou en vinnig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy hef 'n banier op vir 'n nasie wat van ver af kom, en fluit vir een aan die einde van die aarde. Kyk, hierdie nasie kom vinnig, haastig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy swaai sy vlag in die lug en Hy roep 'n volk wat ver is. Hy fluit vir hulle, en hulle kom baie vinnig uit 'n ver land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die Here vir die nasie wat ver bly ’n teken gee en vir hulle fluit om te kom, doen hulle dit sonder versuim.