Isaiah 5:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die toorn van die HERE teen sy volk ontvlam, en Hy het sy hand teen hulle uitgesteek en hulle verslaan; Oor dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het die woede van die Here teen sy volk ontvlam. Daarom het Hy sy vuis opgelig om sy volk plat te slaan. Die heuwels bewe en die lyke word soos vullis wat op straat gegooi is. Selfs dan sal die Here se woede nie uitgebrand wees nie. Sy vuis sal reg wees om te slaan! |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk en het Hy sy hand teen hulle uitgestrek en hulle swaar getref, sodat die berge gebeef het en hulle lyke soos vuilnis op die strate was. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar is sy hand nog uitgestrek. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het die Here kwaad geword vir sy volk. Hy het sy hand teen hulle uitgesteek en hulle getref, sodat die berge gebewe het en die lyke soos vuilgoed op die strate gelê het. Ondanks dit alles bedaar die toorn van God nie en bly sy hand uitgesteek teen hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom het die toorn van die Here teen sy volk ontbrand. Hy het sy hand teen hulle uitgestrek en hulle geslaan. Die berge het gebewe, en hulle lyke was soos vullis in die strate. Ondanks dit alles het sy toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het die Here baie kwaad geword vir sy volk. Hy het sy hand uitgesteek en hulle geslaan. Die berge het gebewe, en die lyke van die mense het soos vuilgoed in die strate gelê. Maar die Here hou aan om hulle te straf. Hy bly nog kwaad vir hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het die Here kwaad geword vir sy volk en besluit om hulle te straf. Wanneer dit gebeur, sal die berge bewe en die lyke sal soos vuilgoed in die strate lê. Maar selfs dit sal nie die Here se woede laat bedaar nie en Hy sal aanhou om hulle te straf. |