Isaiah 5:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, soos die vuur die stoppels verteer en die vlam die kaf verteer, so sal hulle wortel word soos verrotting, en hulle bloeisel sal opgaan soos stof, omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp en die woord van die leërskare verwerp het. Die Heilige van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sal hulle verdwyn soos strooi of droë gras wat brand. Hulle wortels sal opdroog en hulle blomme verlep, want hulle het die instruksies van die Here, die Almagtige, verwerp. Hulle het die woord van Israel se Heilige Een geminag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, soos stoppels deur vuur verteer word en hooi in vlamme opgaan, so sal dit met hulle gaan. Hulle sal met wortel en tak uitgeroei word, want hulle het hulle nie gesteur aan die openbaring van die Here die Almagtige nie, hulle het die woord van die Heilige van Israel verwerp. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, soos wanneer strooi deur tonge van vuur verteer word, en droë gras in vlamme wegsink, so sal hulle wortel wees soos iets wat verrot, en hulle bloeisel sal as stof opstyg; want hulle het die wet van die Here, Heerser oor alle magte, verwerp, en die woord van die Heilige van Israel het hulle geminag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal hulle brand soos kaf, soos gras wat afbrand. Daar sal niks oorbly van hulle nie, want hulle het nie gedoen wat die Here gesê het nie, die Here wat oor alles regeer. Die Heilige God van Israel het met hulle gepraat, maar hulle het gemaak of dit nie belangrik is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat hulle alles wat die Here die Almagtige hulle geleer het, verwerp en hulle nie aan die Heilige van Israel se woorde gesteur het nie, sal hulle met wortel en tak uitgeroei word, soos droë gras en hooi wat deur die vuur tot as verbrand word. |