Isaiah 5:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat die goddelose regverdig vir loon en die geregtigheid van die regverdige van hom wegneem!
Afrikaans (NLV) 2011 Dis hulle wat omkoopgeld vat om skuldiges vry te laat. Hulle laat die boses vry uitloop en straf die onskuldiges.
Afrikaans 1933/1953 wat vir 'n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.
Afrikaans 1983 wat die skuldige vryspreek vir omkoopgeld, maar 'n onskuldige sy reg ontneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wat goddeloses regverdig verklaar vir 'n omkoopgeskenk, en regverdiges hulle reg ontneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sê hulle die man wat verkeerd gedoen het, is reg, en die man wat reg gedoen het, is verkeerd, omdat mense hulle betaal om dit te sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ook met dié wat skuldige mense vryspreek omdat hulle geld het om hulle mee om te koop, maar onskuldige mense wat dit nie kan doen nie aan die pen laat ry.