Isaiah 5:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee hulle wat kwaad goed noem en goed sleg; wat duisternis lig maak en lig duisternis; wat bitter vir soet stel en soet vir bitter!
Afrikaans (NLV) 2011 Verwoesting wag vir hulle wat sê dat sleg goed is en goed sleg, dat donker lig is en lig donker, dat bitter soet is en soet bitter.
Afrikaans 1933/1953 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee hulle wat die slegte dinge goed noem, en die goeie dinge sleg, hulle wat die duisternis tot lig maak en die lig tot duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met almal wat sê slegte dinge is goed en goeie dinge is sleg, almal wat maak of die donker lig is en of die lig donker is, almal wat sê bitter is soet en soet is bitter.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal swaar gaan met dié wat sê verkeerd is reg en reg is verkeerd, wat van die donker lig wil maak en van die lig donker. As iets bitter is, sê hulle dit is soet en as dit soet is, noem hulle dit bitter.