Isaiah 5:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat sê: Laat hy gou maak en sy werk verhaas, dat ons dit kan sien; en laat die raad van die Heilige van Israel nader kom en kom, dat ons dit kan weet! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sê: “Laat Hom gou maak en iets doen sodat ons dit kan sien! Laat die Heilige Een van Israel vir ons wys wat Hy beplan sodat ons dit kan weet!” |
| Afrikaans 1933/1953 | wat sê: Laat Hy gou maak, laat Hy sy werk verhaas, dat ons dit kan sien! En laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom, dat ons dit kan ken! |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê: “Hy moet gou maak, Hy moet sy werk gou doen dat ons dit kan sien! Wat die Heilige van Israel wil doen, moet gou gebeur dat ons dit kan weet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | hulle wat sê: “Hy moet gou maak, sy werk moet vinnig gebeur, sodat ons dit kan sien; die plan van die Heilige van Israel moet ontvou, in vervulling gaan, sodat ons dit kan weet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sê: “Die Heilige God van Israel moet gou maak, Hy moet sy werk vinnig doen, ons wil dit sien. Wat Hy besluit het, moet nou gebeur, ons wil dit weet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle spot met die Here en sê: “Maak gou, doen iets! Wys ons wat Jy kan doen. Ons is nuuskierig om te sien wat die Heilige van Israel vir ons beplan.” |