Isaiah 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee hulle wat ongeregtigheid trek met toue van nietigheid en sonde soos met 'n wa-tou.
Afrikaans (NLV) 2011 Verwoesting wag vir mense wat hulle sonde agter hulle aansleep met bande van valsheid en sonde.
Afrikaans 1933/1953 Wee hulle wat die ongeregtigheid nader trek met koorde van goddeloosheid, en die sonde soos met wa-toue;
Afrikaans 1983 Ellende wag vir dié wat hulle deur afgodsdiens vaswoel in die bande van ongeregtigheid, wat verstrik raak in die kettings van sonde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee hulle wat sondeskuld saamsleep met bande van bedrog, en sonde soos met die toue van 'n wa –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met almal wat afgode dien. Hulle trek die sonde na hulle toe met sterk toue.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar wag groot swaarkry op die mense wat hulle sonde saam met hulle rondsleep soos ’n mens ’n hond aan ’n leiband sal lei.