Isaiah 5:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die HERE van die leërskare sal verhoog word in die oordeel, en God wat heilig is, sal in geregtigheid geheilig word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sal verhoog word. Hy sal geregtigheid laat geskied. Die heiligheid van God sal in sy regverdigheid uitgestal word.
Afrikaans 1933/1953 Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.
Afrikaans 1983 Die Here die Almagtige is verhewe, Hy laat reg geskied; die heilige God laat Hom ken as die Heilige, Hy oordeel regverdig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, Heerser oor alle magte, is verhewe in sy regspraak; die heilige God betoon Hom heilig deur geregtigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, die heilige God, Hy alleen sal belangrik en heilig wees, want Hy doen reg aan mense, Hy is regverdig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Here die Almagtige sal sy grootheid bewys in die beslissings wat Hy gee. Hy is die heilige God wat sy heiligheid deur sy regverdige oordeel bewys.