Isaiah 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die hel haar groot gemaak en haar mond sonder maat oopgemaak, en hulle heerlikheid en hulle menigte en hulle prag en hy wat bly is, sal daarin neerdaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die graf se aptyt is opgewek, hy maak sy mond wyd oop vir julle. Vooraanstaandes en gewone mense sal ingesluk word, saam met die rumoerige dronkaards. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is. |
| Afrikaans 1983 | Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle, hy sper sy bek groot oop. Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg, die hele rumoerige gepeupel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom het die •doderyk sy keel wyd oopgemaak, en sy mond oopgesper sonder perk. Die stad se luisterrykes en gespuis, die lawaaimakers en uitbundiges in haar sal daarin afdaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My volk wil nie naby My wees nie. Daarom is die doderyk soos 'n groot dier wat sy bek wyd oopmaak en die mense insluk. Al die mense wat nou skree en juig, sal saam afgaan na die doderyk, ook die belangrike mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die doderyk staan oopmond vir Jerusalem en wag. Hy kan nie wag om die hele rumoerige spul, ryk en arm, met een sluk in te sluk nie. |