Isaiah 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het my volk in ballingskap gegaan, omdat hulle geen kennis het nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom stuur Ek my volk weg in ballingskap, omdat hulle My nie ken nie. Die mees geëerdes onder julle sal doodgaan van die honger, en die gewone mense sal sterf van die dors.
Afrikaans 1933/1953 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
Afrikaans 1983 Omdat my volk My nie wil ken nie, sal hulle in ballingskap weggevoer word. Volk en leiers sal saam van honger sterf, omkom van dors.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom gaan my volk in ballingskap vanweë 'n gebrek aan kennis; sy geëerdes word mense wat honger is, en sy gepeupel raak uitgedor van die dors.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My volk wil nie naby My wees nie. Daarom sal die vyande hulle wegvat na ander lande. Die mense en hulle leiers sal sterf, want hulle sal nie kos hê om te eet of water om te drink nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat my volk My nie wil ken nie, sal hulle in ballingskap weggevoer word. Hulle belangrike leiers sal van die honger doodgaan en die gewone mense van die dors.