Isaiah 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die siter en die viool, die taart en die fluit en die wyn is op hulle feestye;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle het harpe en liere by julle partytjies, tamboeryne, fluite en wyn. Maar julle steur julle nie aan wat die Here doen nie, en sien nie sy dade raak nie.
Afrikaans 1933/1953 En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie.
Afrikaans 1983 Daar is liere en harpe, tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye. Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie, sy dade sien hulle nie raak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is lier en harp, tamboeryn en fluit, en wyn by hulle feesmaaltye. Maar op dit wat die Here doen, slaan hulle nie ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie raak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle luister na die musiek van liere en harpe, tamboeryne en fluite. Julle drink wyn wanneer julle feesvier, maar julle kyk nie wat die Here doen nie. Julle sien nie die werk van sy hande nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is volop musiek en drank op hulle partytjies. Maar hulle steur hulle nie aan die Here nie. Hulle is so besig om te fuif dat hulle nie agterkom wat Hy besig is om te doen nie.