Isaiah 5:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee hulle wat vroeg in die môre opstaan, dat hulle sterk drank kan volg; wat aanhou tot die nag, totdat wyn hulle aansteek!
Afrikaans (NLV) 2011 Verwoesting wag as julle vroeg opstaan sodat julle tot laatnag kan drink. Julle kuier tot laat, totdat die wyn julle bedwelm.
Afrikaans 1933/1953 Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag lt opbly terwyl die wyn hulle verhit.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir dié wat vroeg in die môre opstaan om agter sterk drank aan te loop en hulle tot laataand dronk te drink aan wyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee hulle wat vroeg in die môre opstaan, naarstig soek na sterk drank, en wat teen skemeraand sloer, dat die wyn hulle kan warm maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met julle wat vroeg opstaan om te drink, en in die aand wakker bly sodat die wyn julle warm kan maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal ellendig gaan met dié wat van vroeg tot laat sit en drink tot hulle dronk is.