Isaiah 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou sal ek vir my beminde 'n lied sing van my beminde wat sy wingerd aanraak. My beminde het 'n wingerd op 'n baie vrugbare heuwel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wil ’n lied sing vir die een wat ek liefhet, oor sy wingerd: My beminde het ’n wingerd teen ’n baie vrugbare heuwel.
Afrikaans 1933/1953 Laat my tog sing van my Beminde; 'n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel.
Afrikaans 1983 Ek wil sing oor Hom wat ek liefhet, ek wil my liefdeslied sing oor sy wingerd: Hy wat ek liefhet, besit 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek wil oor my geliefde sing: my geliefde se lied oor sy wingerd. My geliefde het 'n wingerd gehad op 'n vrugbare heuwel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is lief vir Iemand, en ek wil sing oor Hom. Ek wil sing oor sy wingerd. Ek is lief vir Hom. Hy het 'n wingerd op 'n heuwel waar goeie grond is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil ’n lied sing oor die Een wat ek liefhet, ’n lied oor sy wingerd. Die Een wat ek liefhet, het ’n wingerd gehad op ’n baie vrugbare heuwel.