Isaiah 49:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat jy vir die gevangenes kan sê: Gaan uit; aan die wat in die duisternis is, openbaar julleself. Hulle sal wei op die weë, en hulle weivelde sal wees op al die hoogtes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | om aan die gevangenes te sê: ‘Kom uit!’ en aan hulle in duisternis: ‘Wees vry!’ “Hulle sal my kudde wees wat in groen weivelde wei, selfs op heuwels wat voorheen kaal was. |
| Afrikaans 1933/1953 | om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees. |
| Afrikaans 1983 | om aan dié wat gevange gehou word, te sê: “Gaan uit!” aan dié wat in die donker opgesluit sit: “Kom uit!” Hulle sal versorg word terwyl hulle op pad is, selfs op kaal heuwels sal daar vir hulle genoeg wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om vir gevangenes te sê, ‘Gaan uit!’ en vir hulle wat in die donker is, ‘Kom te voorskyn!’ Langs die paaie sal hulle wei, op al die kaal hoogtes sal hulle weiding wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet die gevangenes in donker plekke roep, jy moet vir hulle sê hulle moet uitkom. Hulle sal soos skape loop en wei. Daar sal gras wees op die paaie en op die kaal plekke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy sal vir dié wat in tronke sit, kan sê: “Julle word vrygelaat.” Vir dié wat in donker selle opgesluit is, sal jy kan sê: “Julle gaan uitkom.” Wanneer hulle terugkom, sal Ek hulle langs die pad versorg soos skape wat wei. Selfs op die kaal bulte sal daar vir hulle plek wees om gras te eet. |