Isaiah 49:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: In 'n tyd van welbehae het Ek jou verhoor, en op 'n dag van verlossing het Ek jou gehelp; die verlate erfenisse; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So sê die Here: “Op die regte oomblik sal Ek jou antwoord. Op die dag wat Ek red, sal Ek jou help. Ek sal jou bewaar en jou maak tot ’n verbond met my volk om sy land te herstel en die verlate eiendom weer terug te kry |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe; |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Op 'n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebede verhoor, op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help. Ek sal jou beskerm en jou my verbond met my volk maak om sy land te herstel, om sy verlate eiendom weer in besit te neem, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “In 'n tyd van welwillendheid antwoord Ek jou; op die dag van verlossing help Ek jou. Ek sal jou beskerm, Ek gee jou as 'n verbond aan die volk om die land op te bou, om van verlate erfgrond weer 'n erfdeel te maak, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gesê: “Toe Ek besluit het om my volk te red, het Ek geluister na jou gebed en Ek het jou gehelp. Ek beskerm jou en jy sal my verbond wees met my volk. Jy moet hulle roep om terug te kom na die land en om te kom woon op die plekke waar nou niemand is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: Wanneer Ek dink dit is die regte tyd, sal Ek jou gebed verhoor. Ek sal jou bystaan op die dag dat jy gered word. Ek sal jou beskerm. Ek sal deur jou ’n ooreenkoms met die volk maak dat Ek die land sal herstel. Hulle sal hulle grond terugkry wat so lank verwaarloos gelê het. |