Isaiah 49:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE, die Verlosser van Israel, en sy Heilige, aan hom wat die mens verag, aan hom vir wie die nasie 'n afsku het, aan 'n dienaar van die owerstes: Konings sal dit sien en opstaan, en vorste sal aanbid, ter wille van die HERE wat getrou is en die Heilige van Israel, en Hy sal jou uitkies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here, die Redder en Heilige van Israel, sê vir die een wat verag is en verwerp word deur die nasie, wat ’n dienaar van regeerders is: “Konings sal jou sien en op aandag staan. Prinse sal laag voor jou buig ter wille van die Here wat getrou is. Hy, die Heilige van Israel, het jou gekies.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat 'n afsku is by die volk, 'n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here, die Heilige van Israel, sy Verlosser, vir dié een wat diep verag is, wat deur die nasies verafsku word en wat 'n dienaar van regeerders is: Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan, leiers sal buig tot eer van die Here wat getrou is, die Heilige van Israel wat jou uitverkies het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, die losser van Israel, sy Heilige, aan die sielsveragte, aan hom wat afstootlik is vir nasies, aan die dienaar van heersers: “Konings sal dit sien en opstaan, ja, vorste, en hulle sal diep neerbuig – ter wille van die Here, Hy wat getrou is, die Heilige van Israel, wat jou gekies het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here praat, die Bevryder van Israel, die Heilige God van Israel. Hy praat met die Israeliete wat dink hulle beteken niks, die ander volke hou niks van hulle nie, en hulle is nou die slawe van die mense wat oor hulle regeer. Die Here sê: “Die konings van die ander lande sal na julle kyk en hulle sal opstaan en buig, want hulle sal weet dat Ek, die Here, doen wat Ek sê. Ek is die Heilige God van Israel en Ek het julle gekies om aan My te behoort.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here red Israel. Hy is hulle groot God. Hy praat met die een van wie niemand iets dink nie. Die nasies dink hy is onbelangrik. Hy moet konings se vuilwerk doen. Die Here sê vir hom: Konings sal sien wat Ek vir jou doen. Hulle sal uit eerbied vir jou opstaan. Leiers sal voor jou buig ter wille van die Here wat sy woord hou. Hulle sal jou vereer ter wille van die hoë God van Israel wat jou gekies het om aan Hom te behoort. |