Isaiah 49:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, sê die HERE, wat My van die moederskoot af geformeer het om sy kneg te wees, om Jakob na hom terug te bring: Al word Israel nie versamel nie, tog sal Ek heerlik wees in die oë van die HERE, en my God sal my sterkte wees.
Afrikaans (NLV) 2011 En nou praat die Here, Hy wat my as sy dienaar in my ma se skoot gemaak het om Jakob na Hom terug te bring en Israel vir Hom bymekaar te maak. Die Here het my geëer. My God het my sterk gemaak.
Afrikaans 1933/1953 En nou sê die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word -- en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte --
Afrikaans 1983 En nou maak die Here 'n aankondiging, Hy wat my in die moederskoot al sy dienaar gemaak het om Jakob na Hom toe terug te bring sodat Israel nie meer verstrooi sal wees nie. Die Here het my 'n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou, die Here het gepraat – Hy wat my in die moederskoot al gevorm het as 'n dienskneg vir Hom – sodat ek Jakob na Hom kan terugbring, sodat Israel vir Hom byeengebring kan word. In die oë van die Here word ek geëer; my God het my krag geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voordat ek gebore is, het Hy gesê ek moet sy dienaar wees en ek moet die nageslag van Jakob na Hom toe terugbring, die Israeliete wat nou ver van mekaar woon. Die Here het my belangrik gemaak, en dit is my God wat my sterk maak. Hy het nou weer met my gepraat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het my voor my geboorte al gekies om vir Hom te werk. Hy het my bestem om Jakob na Hom toe terug te bring. Israel moet bymekaargemaak word. Ek is belangrik vir die Here. Hy gee my die krag om te doen wat Hy van my vra.