Isaiah 49:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê ek: Ek het tevergeefs gearbei, ek het my krag verniet en tevergeefs uitgeput; tog is my reg by die HERE en my werk by my God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het geantwoord: “Wat ek doen, is nutteloos. Ek het tevergeefs geswoeg! Tog laat ek dit alles in die hand van die Here. Hy sal my beloon.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Âk het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gedink: ek het my tevergeefs vermoei, ek het my heeltemal verniet afgesloof. Maar die Here sál aan my reg laat geskied, my God sál my beloon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het egter gedink: Tevergeefs het ek my moeg gemaak. Verniet, vrugteloos het ek my kragte ingespan. En tog, die beslissing oor my lê by die Here, my beloning is by my God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gedink: Ek is moeg, ek het nie meer krag nie. Ek het baie hard gewerk, maar dit het niks gehelp nie. Maar die Here weet wat ek gedoen het, my God sal my betaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ek het gesê: “Ek het my verniet ingespan. Ek het my energie gemors op dinge wat geen voordeel het nie.” Nogtans glo ek die Here sal dit met my laat reg gaan. Hy sal my werk beloon. |