Isaiah 49:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die wat jou verdruk, met hul eie vlees laat wei; en hulle sal dronk word van hul eie bloed soos van soet wyn, en alle vlees sal weet dat Ek, die HERE, jou Verlosser is en jou Verlosser, die Magtige van Jakob.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal jou vyande hulle eie vleis laat eet. Hulle sal dronk word van hulle eie bloed soos van wyn. Die hele wêreld sal weet: Ek is die Here, jou Redder en jou Verlosser, die Magtige van Jakob.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.
Afrikaans 1983 Ek sal jou verdrukkers hulle eie vleis laat eet, hulle sal van hulle eie bloed so dronk word soos van wyn. Dan sal al wat leef, besef dat Ek die Here is, jou Redder en jou Verlosser, die magtige God van Jakob.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hulle wat jou verdruk, hulle eie vlees laat eet. Hulle sal dronk word van hulle eie bloed, asof dit soetwyn is. Alle mense sal besef dat dit Ek, die Here, is wat jou verlos, jou losser, die Magtige van Jakob.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die mense straf wat jou verdruk, hulle sal hulle eie liggame se vleis moet eet. Hulle sal dronk word van hulle eie bloed, soos mense dronk word van nuwe wyn. Hulle sal weet Ek is die Here wat jou red, Ek is jou Bevryder, Ek is die Sterk God van Jakob.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou vyande sal onder mekaar veg. Hulle sal dronk word van die bloed wat vloei. Almal sal dan weet dat dit Ek, die Here, is wat julle bevry en julle red. Ek is die sterk God van Jakob.