Isaiah 49:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar so sê die HERE: Selfs die gevangenes van die magtiges sal weggevoer word, en die prooi van die grusames sal gered word;
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here: “Die gevangene gaan bevry word en die buit gaan afgeneem word. Want Ek is ’n vyand van jou vyand, en Ek sal jou kinders red.
Afrikaans 1933/1953 Waarlik, so sê die HERE: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal k bestry en jou kinders sal Ek verlos.
Afrikaans 1983 So sê die Here: 'n Soldaat se gevangene kan ontset word, selfs 'n man met baie mag se buit kan afgeneem word. Ek is 'n vyand van jou vyand en Ek sal jou kinders red.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar, so sê die Here: “Selfs gevangenes sal van 'n held weggeneem word, en krygsgevangenes sal vrykom van 'n geweldenaar. Teen hom wat met jou die stryd aanknoop, sal Ek self die stryd aanknoop, en jou kinders – Ek self sal hulle verlos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here sê: “Dit sal miskien gebeur dat iemand die gevangenes kan wegvat van 'n soldaat, of dat 'n soldaat die dinge kan verloor wat hy gevat het. Dit sal nie met jóú gebeur nie. Ek sal oorlog maak teen die mense wat oorlog wil maak teen jou, en Ek sal jou kinders red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: Dit is presies wat gaan gebeur. ’n Persoon wat gevange geneem is, kan wel weer vrygelaat word. Wat ’n sterk man buitgemaak het, kan wel weer by hom afgeneem word. Ek sal self teen julle vyande veg. Ek sal self julle kinders bevry.