Isaiah 49:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En konings sal jou pleegvaders wees, en hulle koninginne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met hul aangesig na die aarde en die stof van jou voete oplek; en jy sal weet dat Ek die HERE is, want die wat op My wag, sal nie beskaamd staan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Konings sal pleegvaders van jou kinders wees. En koninginne hulle pleegmoeders. Hulle sal diep voor jou buig en die stof van jou skoene aflek. Dan sal jy weet dat Ek die Here is. Wie sy hoop op My stel, sal nie teleurgestel word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die HERE is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie. |
| Afrikaans 1983 | Konings sal jou kinders oppas, koninginne sal hulle pleegmoeders wees. Hulle sal diep voor jou buig en die stof van jou skoene aflek. Dan sal jy besef dat Ek die Here is; wie op My vertrou, word nie teleurgestel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Konings sal jou voogde wees, en hulle prinsesse jou pleegmoeders. Gesig na die grond, sal hulle diep voor jou neerbuig; hulle sal selfs die stof van jou voete lek. Dan sal jy besef dat Ek die Here is. Wie op My wag, sal nie beskaamd staan nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Konings en koninginne sal jou kinders vir jou oppas, hulle sal laag buig voor jou en hulle sal die stof van jou voete aflek. Dan sal jy weet dat Ek die Here is. Almal wat glo dat Ek hulle sal help, sal nie teleurgesteld wees nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Konings sal julle versorg. Koninginne sal na julle kinders kyk. Hulle sal oor hulle voete val om te doen wat julle wil hê. Julle sal dan weet dat Ek die Here is. Dié wat op My vertrou, sal nie teleurgestel word nie. |