Isaiah 49:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE: Kyk, Ek hef my hand na die heidene op en rig my vaandel vir die volke op, en hulle sal jou seuns in hul arms bring, en jou dogters sal op hul skouers gedra word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So sê die oppermagtige Here: “Ek steek my hand op en gee ’n teken aan die nasies. Dan sal hulle jou seuns terugdra in hulle arms. Hulle sal jou dogters op hulle skouers dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word; |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here God: Ek sal my hand uitstrek na die nasies toe, onder die volke sal Ek my vaandel opsteek. Dan sal hulle jou seuns op die arm na jou toe bring, en jou dogters sal op die skouer aangedra word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek sal na die nasies my hand ophef, na die volke my banier omhoog hou. Hulle sal jou seuns bring in die vou van die kleed, en jou dogters op die skouer dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Nou tel Ek my hand op na die volke toe en Ek waai my vlag, en hulle sal jou seuns en jou dogters na jou toe dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: Ek sal my hand uitsteek na die nasies. Ek sal vir hulle ’n teken gee. Hulle sal julle seuns in hulle arms terugbring. Hulle sal julle dogters op hulle skouers dra. |